Crayfish
Kreef

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Kreef

Alias

Crayfish

Wetenskaplike Naam

Nephropidae

Grootte

Tot 60 cm, gemiddeld 30 cm

Identifikasie

Harde, beskermende eksoskelet. Vyf pare pote, sommige met knypers. Lang antennas. Karapaks (vergroeide plate wat die toraks beskerm) het gewoonlik ‘n skurwe voorkoms, soms met uitsteeksels. Kleur wissel van swart, bruin, blou, tot geel, pienk, oranje en goen.

Algemene Inligting

Die Nephropidae familie bestaan uit 11 genera en 24 spesies. Word aangetref op rotsagtige of sanderige areas, van riwwe tot die kontinentale rak. Krewe vervel om te kan groei. Hulle sig is baie sleg. As hulle gesteur word, sal hulle vlug deur herhaaldelik hulle agterlywe op te krul en weer te ontspan. Wyfies berg sperm in hulle agterlywe en gebruik dit soos benodig. Eiers word onder die agterlyf gehou totdat dit uitbroei – na ongeveer 10 – 11 maande.

Voeding

Leef van vis, weekdiere, ander skaaldiere, wurms en sommige plante. Hulle is ook aasvreters.

Verspreiding

Kom voor in oseane oor die wêreld.

Algemene Spesies

Long-legged spiny lobster - Panulirus longipes
Ornate spiny lobster - Palaemon adspersus
Painter rock lobster - Panulirus versicolor