Cape Cormorant
Trekduiker

© Shem Compion
Cape Cormorant.

Naam

Trekduiker (Phalacrocorax capensis)

Familie

Phalacrocoracidae (Kormorante)

Lengte

64 cm

Habitat

Enkele voëls en kolonies by die kus wat op rotsagtige eilande bly.

Roep

Die trekduiker maak geen geluid nie, behalwe ’n ‘ghaa’ of ‘ghiee’ klank as dit broei.

Voortplanting

Gedurende die broeiseisoen vanaf September tot Februarie is hulle heeltemal swart. Maak hulle neste uit seewier en stokke. 2 - 3 kalkwit eiers.

Voorkoms

Die volwasse trekduiker het heeltemal blink groenswart vere, slangagtige kop met ’n plat kroon, ’n oranjegeel snawelbasis en groen oë. Redelike lang nek, gladde kop, dikwels met ’n klein kroon.
Onvolwasse voël: Jong voëls is donkerbruin en ligter op die maag.

Bewaringstatus

Algemeen en oorvloedig

Verspreiding

Winter besoeker aan die Natalse kus. Oorvloedige inwoner langs die hele suidwes Kaapse kus en tot 50 km in die see in.