Black Headed Oriole
Swartkopwielewaal

© Nigel J Dennis
Black Headed Oriole.

Naam

Swartkopwielewaal (Oriolus larvatus)

Voorkoms

Die swartkopwielewaal het ’n baie welluidende roep wat ’n algemene klank in die omgewing is. Dit is ’n treffende geel kleur met ’n swart kop. Soos die ander wielewale het dit heldergeel vere, maar met die verskil van ’n kenmerkende swart kop, wat dit ’n opvallende voël maak. Alhoewel dit helder kleure het, kan dit nog steeds moeilik wees om raak te sien, want die voorkeur habitat is tussen die blare van hoë bome en digte bos. Dit sal waarskynlik gehoor word voordat dit gesien word, want sy helder welluidende fluit deurtrek met lae, uitgetrekte skreeuende geluide is hard en trek die aandag. Die swartkopwielewaal het ’n effens neer duikende, vinnige en direkte vlugpatroon as dit opsoek is na vrugte en insekte. Sy lang, sterk snawel help om die meeste insekte soos ruspes, sprinkane en kewers te verslind.

Dieet

Die dieet bestaan hoofsaaklik uit vrugte, insekte, bessies en nektar. Hulle sal nesmaak in die mik van ’n boomtak naby aan die eindpunt van ’n tak. Die kuikens word ruspes gevoer. Daar is geen rekord van die inkubasieperiode vir hierdie voël nie.

Voortplanting

Die swartkopwielewaal se nes is ’n los sakagtige affêre wat gemaak is van en vermom word met spinnerakke, mos en klein takkies en is aan die ente van dun takke hoog in die bome.

Verspreiding

Die swartkopwielewaal het ’n wye verspreiding in Suid Afrika, wat die hele oostelike helfte dek en so ver suid as George strek.