Bill Clinton oor Mandela se Legende

© Eric Miller

Gedeelde Menslikheid

Voormalige president van die Verenigde State van Amerika, Bill Clinton, het hulde gebring aan Nelson Mandela gedurende die 2007 Mandela verjaarsdagvieringe by die opening van ’n uitstalling wat Mandela en die voormalige ANC president, hoofman Albert Luthuli, herdenk.

By die Nelson Mandela Foundation se kantore in Johannesburg, het Clinton gesê dat die belangrikste deel van Nelson Mandela se nalatingskap, is dat die wêreld se gemeenskaplike mensdom meer saakmaak as sy verskille. ‘Ons verskille is wonderlik, hulle maak die lewe meer interessant, maar ons gemeenskaplike menslikheid maak meer saak.

Dit is die belangrikste deel van sy nalatingskap, omdat dit die kern is van elke probleem wat ons kinders en kleinkinders in die gesig mag staar. Mandela het die geleentheid bygewoon, maar het nie ’n toespraak gemaak nie.

Clinton het gesê dat dit belangrik is vir mense regoor die wêreld om te onthou en te leef volgens die praktiese implikasies van Mandela se nalatingskap, en nie net sy gees nie. Hy het gesê dat hy probeer om jaarliks na Suid-Afrika toe te kom, om en by die tyd van Mandela se verjaarsdag. ‘Ek wil my vriend sien, omdat hy die inspirasie is van baie wat ek gedoen het.’

Translated by Nina Joubert