Barracuda
Barrakuda

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Barrakuda

Alias

Spaanse makriel

Wetenskaplike Naam

Sphyraenidae

Grootte

Tot 1,8 m

Identifikasie

Langwerpige lyf, platterig aan die kante, met dorsale vinne wat wyd uitmekaar is. Onderkaak is langer as bo-kaak. Skerp gepunte kop met ‘n groot bek. Lang, skerp tande. Gewoonlik gryserig-bruin aan die bo-kant en silwer aan die onderkant. Mag soms gekleurde strepe of groot, onreëlmatige kolle.

Algemene Inligting

Die Sphyraenidae familie bestaan uit 1 genus en 18 spesies. Word tot 100 m diep gevind. Pelagiese spesies. Opportunistiese jagters. Jong visse hou meestal in groepe, terwyl volwassenes alleenlewend is. Jag vind plaas teen kortstondige spoedversnellings van tot 45 km/u. Gesogte sportvis. Pelagiese kuitvis.

Voeding

Jag ander vis, maar sal ook aas vreet.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Gewone Spesies

Barrakuda - Sphyraena barracuda
Saagtand barrakuda - Sphyraena putnamae
Geelstert barrakuda - Sphyraena flavicuada