African Rhino
Afrika-Renosters

© Roger de la Harpe

Inleiding

Hierdie soogdiere word maklik herken aan hul prehistoriese voorkoms en die horings op hul voorkop. Renosters is braaf en word gereeld gesien waar hulle reg langs leeus wei. Die leeus kom voor asof hulle glad nie gepla is deur die renosters nie. Stropers is hoofsaaklik verantwoordelik vir die dalende renoster bevolking.

In die Nasionale Krugerwildtuin kom die witrenoster (Ceratotherium simum) meestal in bosse tussen die Sabie- en Krokodilrivier, en minder rondom Shingwedzi en Letaba voor. Die swartrenoster (Diceros bicornis) word aangetref in dorre ruigtes en digte bosse in die suide van Kruger tussen Skukuza en Pretoriuskop en ook suid van Lower Sabie naby die Krokodilbrug.

Hoe en wanneer slaap renosters?

Renosters slaap staande of lê plat en kan met tussenposes tot 8 uur per dag slaap. Op ʼn warm dag kan hul gevind word onder 'n boom. Wanneer hulle in n diep slaap is le hul met hul pote effens opgekrul na bo. Wanneer hulle diep slaap kan hulle maklik genader word.

Hoe bly Renosters koel?

Gedurende die hitte van die dag sal jy die Renoster in die skaduwee sien rus of 'n in moddergat vind. Die modder koel hulle nie net af nie, maar beskerm ook die vel teen parasiete en die son. Renosters is geneig om meer te beweeg gedurende die nag wanneer dit koeler en meer draaglik is. Hulle eet en drink water wanneer dit ook al beskikbaar is.

Waarvoor is die renosterhoring so gewild en waarom is dit so in aanvraag?

Renosterhoring is nie saamgestel uit saamgepersde hare soos ons in die verlede gedink het nie, maar eerder uit keratien (dieselfde materiaal wat naels, kloue en hoewe maak). Die horing is gesog vir sy vermeende medisinale doeleindes. In Jemen word die horing gebruik vir dolkhandvatsels wat aan jong seuns gegee word wanneer hulle hul manlikheid bereik.

Wat is die verskille tussen swartrenosters en witrenosters?

Daar is geen kleur verskil tussen die twee spesies nie. Die naam van die witrenoster kom uit die beskrywing van sy wye mond. Die mond van die swartrenoster lyk gehaak in teenstelling met die wye mond van die witerenoster. Die witrenoster wei en eet gras terwyl die swart renoster blare eet, vandaar die vorms van die monde. Daar is ook 'n verskil in grootte waarvan die witrenoster die grootste van die twee is.