90 Minute vir Mandela' Huldeblyk Wedstryd

© Eric Miller

Wêreld XI vs Afrika XI

In 2007 het 35 000 mense by die Nuweland-rugbystadion bymekaar gekom om Mandela se verjaarsdag te vier deur ’n skouspelagtige, ongewone sokkerwedstryd tussen ’n beroemde Wêreld XI en ’n Afrika XI te kyk. Die geleentheid was geskeduleer as een van Mandela se hoof 89ste verjaarsdagvieringe.

Dit was die ‘90 minute vir Mandela’ eerbetoningswedstryd genoem en was ook ’n fondsinsameling vir FIFA se ‘Say No to Racism’ -veldtog, wat gesien word as ’n belangrike saak vir Mandela. FIFA het die anti-rassisme-veldtog in 2006 geloods om die groeiende probleem van spelers wat rassistiese uitlatings van aanhangers ontvang het, aan te spreek.

Die insidente het hoofsaaklik in Europa plaasgevind, maar Suid-Afrikaanse spanne het soortgelyke aanmerkings ontvang. Die dag voor die afskop het Mandela die amptelike trui vir die wedstryd met sy naam en die nommer 89 op die agterkant, ontvang. Op die voorkant het die trui Mandela se gevangenisnommer – 46664 – gedruk gehad, wat sy veldtog vir wêreld bewusmaking van HIV/VIGS beklemtoon het.

“Say No To Racism”

Mandela het gesê dat hy geëerd voel deur FIFA se huldeblyk, maar het ook beskeie uitgewys dat ‘dit altyd onthou moet word dat hy een van baie was wat vir vryheid van tirannie en rassisme geveg het’. Die twee spanne het die “Say No to Racism” -tema beliggaam deur een wit en een swart te dra.

Die wedstryd het eer betoon aan die formasie van die Makana Football Association sikkerliga wat deur Robbeneiland gevangenisse gevorm is toe Mandela op die eiland was. Die sokkerliga het FIFA reëls aangeneem.

Nelson Mandela het hulle wedstryde vanuit sy tronksel gekyk, omdat sy bewaarders nie wou gehad het dat hy met die ander spelers moet meng nie. Later het hulle ’n muur gebou om hom te keer om die wedstryde te kyk.

Meer as Net ’n Wedstryd

Op die dag van die wedstryd het FIFA se adjunkpresident, Jack Warner, ere FIFA-lidmaatskap aan die klub toegeken. In ’n opgeneemde boodskap wat op ’n reuse skerm uitgesaai is, het Mandela vir FIFA bedank en gesê ‘In die donker jare van ons opsluiting het die vereniging al die gevangenes op die eiland saam gebring met ’n pragtige sokkerwedstryd.

In hierdie manier het dit gehelp om die waardes van inklusiwiteit en versoening te handhaaf, asook die van nie-rassigheid en vrede wat steeds vandag deur ons geag word.”

Hy gaan verder en verduidelik dat ‘Hierdie wedstryd meer as net ’n sport is; dit simboliseer die krag wat sokker het om mense van regoor die wêreld bymekaar te bring, ten spyte van die taal wat hulle praat of wat die kleur van hul vel is.’

Sokker Helde Woon By

66 jaar oue Brasiliaanse sokkerlegende, Pele, het seremonieel die wedstryd vir die Wêreld XI afgeskop, 30 jaar nadat hy van die sport afgetree het. Hy het gesê dat hy geëerd is om deel te neem aan die verrigtinge, omdat hy baie lewenslesse van Mandela geleer het. ‘Ons moet aanhou om, ter ere aan mnr. Mandela teen rassisme en diskriminasie te veg’ het hy gesê.

Die Liberiër George Weah, ’n voormalige wêreldspeler van die jaar wat ook bekend is vir sy mislukte probeerslag om die president van Liberië te word, verklaar: ‘Ek is ’n seun van Mandela. Hy het my geïnspireer en vir ons kontinent geveg.

Hy het miljoene oor die wêreld geïnspireer’, terwyl 45-jarige, voormalige Europese Speler van die Jaar, Nederlandse aanvaller Ruud Gullit gesê het dat wat hy van Mandela se lewe geleer het, is dat ‘daar altyd hoop is. As jy in jouself glo en hard veg vir die regte ding, sal jy slaag.’ Die uitslag was ’n drie-doelpunte gelyke telling.

Translated by Nina Joubert