Tuis in Afrika - Jou Verblyf
Witrivier, Mpumalanga

Die unieke umSisi House kan 6 mense in 3 en-suite slaapkamers huisves.

Jou Kamer

Hierdie huis is onlangs onlangs opgeknap en die onberispelike ontwerp is ’n kombinasie van die Afrika en Europese styl. Die elegante dekor het klassieke Engelse en kontemporêre Afrika sjiek wat in lyn is met die huis se leuse van “Tuis in Afrika”.

Naby die hoofhuis is daar ook ’n kleiner selfsorg huisie wat uitsonderlik privaat is met ’n eie ingang en stoep met panoramiese uitsigte. Daar is ’n volledig toegeruste kombuis, DSTV familie pakket, braai en onderdak parkering. Dit het 2 slaapkamers wat ’n badkamer met ’n dubbel stort deel. Gaste kan vooraf laat weet of hulle die kamers met ’n dubbelbed en twee enkelbeddens of ’n dubbelbed en ’n koningsgrootte bed wil laat opmaak.

Fasiliteite

Swembad
Rolstoelvriendelik
Groot stoep met braai en eet area
Sitkamer met kaggel
Borrelbad in die rotstuin
Berg staproetes
Wi-Fi
Biblioteek met ’n groot verskeidenheid boeke
TV-kamer
Verskeie speletjies en legkaarte
Besprekings vir aktiwiteite word deur personeel gemaak