Tuis in Afrika - Aktiwiteite
Witrivier, Mpumalanga

umSisi House is naby Witrivier geleë wat die perfekte plek is vanwaar die omgewing verken kan word.

Geniet ’n wildrit in die welbekende Kruger Nasionale Park wat slegs 20 minute se ry vanaf die huis is. Of doen die skouspelagtige Panorama roete met die Bourke's Luck kolkgate, Blyderivier poort en God’s Window en verken so die pragtige omgewing. Voëlkykers sal die groot verskeidenheid voëls in die omgewing waardeer. Staproetes rondom umSisi House is daar 10 km se staproetes om die natuurskoon te bewonder.

Kindervriendelike Aktiwiteite

Kinders van alle ouderdomme word met ope arms by umSisi House verwelkom en daar is verskeie kindervriendelike aktiwiteite beskikbaar. Hierdie sluit ’n versameling DVD’s, DSTV, boeke, legkaarte, speelgoed en kunsmateriaal in. Daar is ook ’n wiegie en eetstoeltjies vir die jongste gaste beskikbaar. Vir veiligheid en ouers se gemoedsrus is daar ’n Safety Turtle monitor met armbande beskikbaar om tred te hou met die kinders se bewegings.

Eko-vriendelike Inisiatiewe

umSisi House streef daarna om eko-vriendelik te wees en die heerlike maaltye word sover as moontlik van die vars produkte uit die kombuis se organies tuin voorberei. Die huis het die volgende eko-vriendelike inisiatiewe:

Solar krag vir warm water
Reënwater opvangs vir die tuin
Herwinning van huishoudelike en tuin afval
‘Geen mors van kos’ beleid
Wurmplaas om kompos vir tuin te verskaf
Energie besparende gloeilampe