Country Estate Resort
Witrivier, Mpumalanga

Die ANEW Resort White River is een van die bes bewaarde geheime vir ’n troue of romantiese wegbreek in Mpumalanga.

Hoogtepunte

Luukse boetiek hotel naby die Kruger Nasionale Park en die Panorama roete
Ideaal vir ’n intieme troue of romantiese wegbreek
Kapel en wittebroodsuite
Fynproewer maaltye
Perfek vir konferensies en seminare

Jou Ervaring

Die ANEW Resort White River was lank gelede ’n avokado plaas, maar vandag is dit een van die mees romantiese plekke vir ’n troue. Hierdie boetiek hotel is in die buitewyke van Witrivier geleë en die weelderigheid van die dekor en uitsonderlike diens is ongeewenaard. Die kapel, wittebroodsuite en verskeie intieme hoekies maak dit die perfekte plek vir ’n luukse troue.

Dit is ook geskik vir ander spesiale geleenthede saam met familie en vriende of vir besigheid aangeleenthede. Die professionele personeel kan jou help beplan aan ’n heerlike laatmiddag-tee of die bekendstelling van ’n nuwe produk. By hierdie rustige hotel kan jy langs die skitterende swembad ontspan of van die alledaagse stres ontslae raak in die sauna of gimnasium.