Country Estate Resort - Aktiwiteite
Witrivier, Mpumalanga

Die romantiese ANEW Resort White River is op die perfekte plek geleë vir ’n verskeidenheid aktiwiteite.

Restaurant

Gaan op wildritte in die Nasionale Krugerwildtuin, doen die Panorama Roete of geniet die ander nabygeleë opwindende aktiwiteite soos bergfietsroetes.

Die hotel restaurant het ’n uitsonderlike atmosfeer met heerlike geregte wat jou eetlus aanwakker. Die groot deure word oopgemaak vir smaaklike buitelug etes. Die Europese styl geregte wat in die spyskaarte gereflekteer word en die sjef se passie vir kreatiwiteit en deurlopende verandering in die kombuis motiveer die personeel om na die volgende vlak van kookkuns te streef. Die 5-gang aandetes is ’n gewilde keuse vir besonderse geleenthede.

Troues

Of jy nou ’n groot glansryke of intieme romanties troue wil hê ANEW Resort White River is die perfekte plek. Hierdie hotel het ’n kapel, wittebroodsuite en ’n verskeidenheid lokale waaruit jy kan kies. Die pragtige tuine en omgewing bring elke bruid se droom troue tot ’n werklikheid.

Konferensies

Die ANEW Resort White River se rustige atmosfeer dra by tot die sukses van enige konferensie of seminaar. Met die beste toerusting soos ’n dataprojektor, platskerm-TV met AC-kabel, elektriese projektorskerm en klanksisteem is hierdie hotel perfek vir vergaderings en kleiner konferensies en werkswinkels.