Pragtige Safari Lodge
Thornybush, Groter Kruger

Hierdie egte safari lodge in die Thornybush Privaat Wildreservaat is ideaal vir paartjies en wittebrood reisigers wat opsoek is na ’n intieme en eksklusiewe Suid-Afrikaanse wild ervaring.

Hoogtepunte

Intieme en private safari ervaring
Perfek vir ’n troue in die bos, klein groepe reisigers en mylpaalvieringe
Familie-vriendelik
Aktiwiteite vir kinders word aangebied, met ’n program wat spesiaal vir jou kinders se behoeftes uitgewerk word
Moderne Spa

Jou Ervaring

As jy ’n intieme en weelderige heiligdom wil ervaar, kom besoek hierdie egte safari lodge in die Thornybush Privaat Wildreservaat. Thornybush Game Lodge is ’n skat wat wag om ontdek te word, in die middel van die bos in die noord-ooste van Suid-Afrika. Thornybush Game Lodge is bekend vir hulle privaatheid en is gepas vir paartjies en wittebrood reisigers wat opesoek is na ’n romantiese wegbreek.

Die lodge is ook ideaal vir families wat ’n intieme safari vakansie wil onderneem. By Thornybush Game Lodge kan jy slegs ontspan, met daaglikse safari’s en privaat besigtrigingsdekke wat jou ’n uitsig oor die ongerepte natuur en wildlewe bied. By hierdie egte safari lodge kan jy ook jouself met ’n spa behandeling van jou keuse bederf.

Die personeel sal na jou omsien met hulle uitstekende diens. Thornybush Game Lodge bied gaste die keuse om uit te gaan op wildbesigtigingsrit in die oggend of in die middag. Hierdie wildbesigtigingsritte word deur professionele wildbewaarders gelei en beloof om ’n opwindende ervaring te wees.

Hierdie safari lodge bied jou die skaarse geleentheid om wild te besigtig vanaf jou privaat stoep terwyl jy ’n skemerkelkie geniet. Kyk uit oor die wilde diere wat afkom om in die Monwana Rivier te speel, reg voor die Thornybush Game Lodge. Thornybush Game Lodge spog met koninglike akkommodasie. Daar is ’n verskeidenheid bos aktiwiteite wat aangebied word om na al jou behoeftes om te sien, insluitend ’n moderne spa, bos etes en wildbesigtigingsgeleenthede.