Pragtige Safari Lodge - Aktiwiteite
Thornybush, Groter Kruger

Thornybush Game Lodge is ’n eksklusiewe safari ervaring in die Thornybush Privaat Wildreservaat.

Wildbesigtiging

Op hierdie reservaat is jy verseker om jou wildbesigtigingsritte te geniet; die reservaat is ’n wild heiligdom met 147 diere, insluitend die Groot Vyf, 114 reptiele, 507 voëls al opgeteken. Professionele en ervaarde gidse neem jou uit op hierdie grondpad avontuur, waar jy nabye en intieme besigtigings van die diere, insluitend die Groot Vyf, kan verwag.

Daar is ook die keuse by hierdie egte safari lodge om die wildlewe te voet besigtig. ’n Stap safari by Thornybush Game Lodge laat jou toe om die kleiner diere te sien en die wonder van die natuur in te neem van naby. Op hierdie stap safari’s leer jy oor die mediese gebruike van plante en bome by die plaaslike inwoners.

Bos Troues

Droom jy van ’n troue onder die Afrika son? Thornybush Game Lodge sal jou drome laat waar word met hulle troupakatte. Hulle sal jou help om jou seremonie te organiseer en, afhangend van jou behoeftes, kan jy ook jou troue kombineer met ’n unieke en eksklusiewe safari ervaring.

Bos Etes

Smul aan hierdie egte safari lodge se Afrika geïnspireerde disse. Vegetariese opsies is ook beskikbaar by Thornybush Game Lodge en maaltye word of in een van die lodge se twee buitelig boma’s bedien, of binne in die restaurant se besigtigingsdek. Maak seker dat jy die ondergrondse wynkelder, met ’n fyn seleksie Suid-Afrikaanse en ingevoerde wyne, besoek.

Aktiwiteite vir Kinders

Kinders van alle ouderdomme is welkom by Thornybush Game Lodge. Hier sal jou kinders vermaak word tydens jou verblyf deur toegewyde gidse wat hulle oor die diere van die habitat sal leer. Met aankoms kry kinders ’n aktiwiteitspakkie wat gevul is met lekkernye en aktiwiteite wat gepas is vir hulle ouderdom.

By hierdie lodge in die Thornybush Privaat Wildreservaat word die wildbesigtigingsritte en bos wandelinge aangepas om jou kinders se belangstellings en fokus vermoë te akkommodeer.

Daar is pieknieks by die swembad, ’n skattejag op die gronde en opvoedkundige uitstappies om kinders aktief te hou en die ouers ’n geleentheid te gee om tyd alleen te geniet. Kinderoppassers kan ook deur Thornybush Game Lodge georganiseer word, op aanvraag.

Spa Ervaring

Thornybush Game Lodge se Amani Afrika Spa is ’n oase vir moë liggame. Spesiale behandelinge sal jou help om te ontspan en van die stad se stres te vergeet. Dink jou in; 'n spa behandeling terwyl jy na die voëls in die inheemse laeveld bome luister...