Luukse Tentkamp
Thornybush, Groter Kruger

Die luukse Chapungu Tented Bush Camp is ’n ouwêreldse koloniale tent kamp wat jou ’n outentieke safari ervaring bied.

Hoogtepunte

Luukse intieme kamp
Spa behandelings by Tornybush Game Lodge
Wildritte en ’n stapsafari saam met ervare veldwagters
Ouwêreldse sjarme en diens
Kinders bo die ouderdom van 16 jaar oud is welkom

Jou Ervaring

By Chapungu Tented Bush Camp beleef jy ’n outentieke safari ervaring soos min. Die wild wat afgeëts teen die oranje sonsondergang loop en wei, die rustigheid van die getjirp van die voëls en die geluid van die wind deur die doringbosse dra alles by tot ’n onvergeetlike safari.

Hierdie kleiner kamp maak dit vir die toegewyde personeel moontlik om ekstra aandag aan elke gas te gee. Maaltye word saam geniet wat gaste die geleentheid gee om die dag se gebeure met mekaar te deel en moontlik nuwe vriendskappe met mede natuurliefhebbers te smee.