Luukse Tentkamp - Aktiwities
Thornybush, Greater Kruger

Chapungu Tented Camp se trots is die ervare veldwagters wat graag hulle uitgebreide kennis met gaste deel.

Wildritte

Thornybush Natuurreservaat is bekend vir die groot verskeidenheid wild insluitend die Groot 5 en die wildritte in die oop Land Cruisers is altyd ’n leersame ervaring.

Stapsafari

Een van die mees opwindendste wildkyk ervarings is om op ’n begeleide stapsafari te gaan. Jou respek vir die wildlewe groei en jy beleef so ’n meer intieme ontmoeting met die minder bekende dinge van die natuur.

Voëlkyk

Om voëls te sit en kyk is een van die mees ontspanne aktiwiteite. Chapungu Tented Bush Camp bied voëlliefhebbers ’n wonderlike ervaring met die wye verskeidenheid voëllewe. Dit is nooit te laat om hierdie stokperdjie aan te leer nie - jy kan net jou verkyker gryp en dit begin ontdek.

Etes

Ubuntu is ’n Afrika-kenmerk wat deur die hele vasteland gedeel word en dit beteken ‘gees van samehorigheid’. Dit is ook presies wat jy by Chapungu Tented Camp sal ervaar gedurende die gesamentlike smaaklike etes in die eetkamer. Die perfekte tyd om met die ander gaste te meng en nuwe vriendskappe te smee.

Spa Behandelings

By Chapungu Tented Camp is daar spa behandelings vir almal en dit is die ideale geleentheid om in hierdie rustige omgewing jouself te bederf. Voel verfris en vernuwe en gereed om weer die stadslewe aan te pak.