Besonderse Wild
Thornybush, Groter Kruger

Hierdie wonnderlike verblyf in die suidelike Thornybush Privaat Natuur Reservaat het ’n oorvloed voëllewe en wild besigtinge.

Hoogtepunte

’n Klein, intieme boetiek lodge
Geleë langs ’n water reservaat, vir bietjie ongewone wild besigtiginge en oorvloed voëllewe
Fantastiese wild besigtiging van jou suite en rondom die kamp
Sentrale vermaak area en eetarea
Ruim en ligte kamer met ’n privaat besigtigingsdek

Die Ervaring

As jy tydens jou besoek aan die Thornybush Privaat Reservaat opsoek is na luuksheid, opgewondenheid en ’n gevoel van eksklusiwiteit, dan moet jy nie by enige ander plek as Waterbuck Game Lodge aanklop nie. Mooi weggesteek tussen die bosse, met ’n uitsig oor ’n watergat wat gereeld besoek word, hier kan jy jou aande in gemak en styl deurbring.

Jou dae spandeer jy uit op safari, besig om die wonderlike verskeidenheid wild wat in die area woon op te spoor. Tussen wildbesigtigingsritte deur kan jy langs die swembad ontspan, of aanhou om wild vanaf jou slaapkamer – of selfs vanuit jou bad – te besigtig.

Maaltye word gedurende die dag in die buitelug langs die swembad bedien, en in die aande onder die sterre in die ope-lug boma. Daar is ’n sentrale vermaakarea waar jy ’n drankie by die kroeg kan geniet. Jy het ook natuurlik die opsie om die privaatheid van jou kamer te geniet.