Gidse by Waterbuck Game Lodge is altyd gretig om hul kennis van die wild en die area met jou te deel.
Ope-lug Land Cruiser safari voertuie word deur goed-opgeleide gidse gebruik om jou in die bos in te neem. Word wakker met ’n heerlike koppie koffie voor jou deur, en gaan daarna uit en ontdek die suidelike deel van die Thornybush reservaat in Suid-Afrika. Meer as 140 spesies soogdiere, insluitend die Groot Vyf, noem hierdie area ‘huis’.
Wild besigtiging is daarom nie ’n probleem nie. Jou professionele gids en spoorsnyer sal jou help om die diere en voëls te identifiseer en hul aksies te interpreteer.
In die laatmiddag gaan jy weer op ’n wildbesigtigingsrit uit wat jou die geleentheid bied om die troppe wild wat saamdrom, reg vir nog ’n aand van oorlewing, te sien. Kyk uit vir die roofdiere wat die troppe volg met die hoop van ’n maltyd later die aand.
Gaan vir ’n stappie aan die wilde kant van die lewe (uit in die bos, begelei deur ’n ervare spoorsnyer en gids). By Waterbuck Game Lodge het jy die geleentheid om die kleiner dinge van die bos wat gewoonlik op 4x4-ritte gemis word, te voet te ontdek. In die lug hang die soet reuk van die plante en die musk reuk van die wild.
Leer om die olifant aan sy reuk te identifiseer, voordat jy hom al gesien het. Kyk uit vir die territoriale merke van die groot katte en luister na die geroep van die voëls. Hoeveel sal jy kan identifiseer? Wild wandelinge is ook ’n goeie manier om al die smaakvolle kos by Waterbuck Lodge af te loop.
Die dae begin met ’n vroegoggend oproep en tee en koffie en beskuit wat buite jou deur vir jou wag. Wanneer die eerste sonstrale uit begin kom, is dit tyd om op jou eerste rit van die dag uit te gaan. Smaakvolle peuselhappies word op die ritte bedien saam met die geleentheid om bietjie bene te strek, voordat jy terugkeer kamp toe vir ’n heerlike Engelse laat ontbyt buffet rondom 10:00.
’n Ligte middagete word rondom 15:00, voordat jy uitgaan vir nóg opwindende wild besigtiging. Skemerkelkies en peuselhappies vergesel jou middag rit, ’n heerlike manier om vir die son ‘koebaai’ te sê voordat hy agter die horison gaan lê.
Aandetes word in die boma om die kampvuur of in die eetarea bedien. Die drie-gang maaltyd fees word in buffet-styl bedien, d’hôtel of a la carte.