Spotted Hyena
Gevlekte Hiëna

© Roger de la Harpe

Naam

Gevlekte Hiëna (Crocuta crocuta)

Orde

Roofdiere

Familie

Hyaenidae (Hiëna)

Hardloop Spoed

60 km ’n uur

Seksueel Volwasse

2 – 3 jaar oud

Beskrywing

Een van die kenmerkendste roofdiere van die Afrika-savanne, die gevlekte hiëna, was lank bekend as slegs ’n aasdier, maar dit is tog ook een van die suksesvolste jagters. Sy voorkoms en onheilspellende geroep het die gevlekte hiëna ’n slegte reputasie gegee. Daar is vir lank gedink dat die gevlekte hiëna van die hondefamilie groep is, maar dit het definitief meer karaktertrekke van die katfamilie. Die gevlekte hiëna is bekend vir sy makabere gekekkel en gelag, wat 'n onmisbare klank van die Afrika-bos in die nag is.
Die groot kop, skuins rug en ’n skerp reuksin is uniek tot hierdie spesie. Wyfies domineer die sosiale hiërargie en is groter as die mannetjies. Wyfies het ’n skouerhoogte van 850 mm en weeg 70 kg, terwyl mannetjies 60 kg weeg. Die gevlekte hiëna is geel met donker kolle en ronde ore. Buitenste vroulike genitalieë boots die manlike voortplantingsorgane na wat geslag identifikasie moeilik maak.

Voortplanting

Welpies word enige tyd van die jaar gebore. Die dratyd is 3 – 4 maande en daar word gewoonlik 2 welpies gebore, maar daar kan somtyds 1 tot 4 welpies wees. Die welpies weeg meer as 1.5 kg by geboorte en word nie voor 12 – 16 maande oud gespeen nie. Geen ander kos is nodig in hierdie tyd nie, aangesien hulle genoegsame voeding van die melk kry.
Welpies word in ’n gemeenskaplike lêplek grootgemaak, maar word selde bewaak deur die troplede. Mannetjies speel geen rol nie, slegs ’n bevoorregte paar word in die omgewing toegelaat en die jong welpies van die dominante wyfies waag dit selfs om hulle te boelie. Die dominante mannetjie sal met die meeste van die wyfies in die trop paar.

Sosiale Gedrag

Die gevlekte hiëna is nagdiere en lê gedurende die dag in digte bosse of gate wat gewoonlik leë erdvark gate is. Gevlekte hiënas bly in troppe en verdedig hulle grondgebied teen ander hiënas. Die troppe word gereeld opgebreek en nuwe troppe saam met hiënas van dieselfde of ander troppe gevorm.

Spoor Beskrywing

Die gevlekte hiëna het 4 tone op die voor- en agtervoete, elk met ’n kort, swaar klou. Die swaar bou van die voorlyf word weerspieël in die grootte van die voorpote, wat groter is as die agterstes. Die volwasse gevlekte hiëna is groter as die volwasse bruin hiëna.

Verspreiding

Hulle verkies droë savanne, oop vlaktes en semi-droë bos. Uitgesterf in die meeste gebiede van Suid Afrika, behalwe in die sentrale savanne en die Kruger- en Kalahari- Gemsbok Nasionale Park, die Noordelike Provinsie en die noordelike streke van KwaZulu-Natal.