Karoo Wegbreek - Jou Verblyf
Samara Karoo Wildreservaat, Oos-Kaap

Die natuurlike skoonheid van die wildreservaat word gekombineer met luukse akkommodasie en uitmuntende diens en maak daarom The Karoo Lodge ’n gesogde wegbreek bestemming vir beide plaaslike en internasionale toeriste.

Jou Kamer

The Karoo Lodge bestaan uit verskillende grootte suites.

Die Karoo Suites is los staande kothuise, slegs ’n kort afstand van die hoof lodge af weg. Elke Karoo Suite is ten volle lugversorg en het ’n vuurmaakplek en luukse en-suite badkamer. Die suites het ook ’n privaat stoep en buitelug sitplek, asook ’n buitelug stort wat ’n beeldskone uitsig oor die omliggende Oos-Kaap Karoo het.

Die Wild Lodge Suite vorm deel van die hoof lodge en maak oop op ’n wye omvou stoep met traditionele buitelug sitplek. Al die Wild Lodge Suites het ’n en-suite badkamer en is ten volle lugverkoel.

Die Sibella kamers is vernoem as huldeblyk aan die bekende Samara jagluiperd en is naby die watergat geleë. Hierdie suites is aanlopedend en is perfek vir families wat opsoek is na luukse akkommodasie.

Ekstra beddens vir kinders kan in al die suites in gesit word, behalwe die Sibella suites.

Lodge Fasiliteite

By The Karoo Lodge kan jy die rustigheid van die Karoo die hele jaar lank geniet. Ontspan op die wye stoep en besigtigingsdekke gedurende die somer of langs die knus kaggel in die winter. Jy kan ook langs die kristalhelder swembad lê en na die diere wat verbyloop opsoek na die watergat, loer.

Ander geriewe sluit in:
Aandenkingswinkel
Omheinde swembad
Boma
Gratis Wi-Fi