Karoo Wegbreek - Aktiwiteite
Samara Karoo Wildreservaat, Oos-Kaap

Samara Karoo Wildreservaat se eie “Komiese 5” wat uit die kameelperd, vlakvark, blou apie, aardvark en wildebees bestaan, wag vir jou op jou wildbesigtigingsrit.

Wildbesigtiging

Die 77 000 hektar Samara Karoo Wildreservaat is in Suid-Afrika se Oos-Kaap provinsie geleë en spog met 4 van Suid-Afrika se 8 biome: Savanna, Nama Karoo, Bosveld en Grasland. Elk van hierdie biome word op een van jou twee daaglikse wildbesigtigingsritte ontdek onder leiding van die goed ingeligte en ervare gidse.

’n Verskeidenheid ander soogdiere en voël spesies kan ook gesien word op die safari uitstappies wat jou deur die asemrowende omgewing van hierdie wildreservaat neem.

As jy opsoek is na ’n afwisseling van die konvensionele wildbesigtigingsrit kan jy deelneem aan ’n begeleide stap safari, of slegs die natuurlike skoonheid vanaf die rusbanke op die besigtigingsdekke inneem.

Familie Pret

Die privaat wildreservaat is ’n familie- besit en bestuurde lodge waar jy by die familie kan inskakel en die wonders van die natuur ervaar. Hier sal jy sien hoe jou kinders se gesigte ophelder soos wat hulle nuwe wonders van natuur ontdek terwyl hulle die bos verken.

Kinders van alle ouderdomme is welkom by The Karoo Lodge. Daar is ’n kinderspyskaart en ’n daaglikse kinderprogram asook kinderoppassersdienste en ’n speelarea. Speletjies is opvoedkundig, genotvol en beoog om die nuwe generasie so vroeg as moontlik aan wildbewaring voor te stel.

Jagluiperd Spoorsny

Die wildreservaat het ’n aantal jagluiperds wat halsbande dra om waardevolle data oor die lewe van hierdie magiese diere op te neem. Professionele spoorsnyers sal jou deur die bos te voet op ’n ekspedisie uitvat waar jy die spore van die jagluiperds kan volg as deel van ’n opwindende safari ervaring.

Bekruip die jagluiperd, sluip daarna agter ’n bos in en kyk van naby af na hierdie spesiale dier. Voel die geluid deur jou weergalm soos wat hulle “prrr”. Staar in verwondering na hulle skraal spiere soos wat hulle oor die grasvlaktes loop.

Bos Etes

Maaltye by The Karoo Lodge is ’n fynproewersgeleentheid. Heerlike kos word deur ’n vaardige sjef voorberei in die Karoo Kombuis. Die kos word beïnvloed deur die geskiedenis van die area maar spog met ’n moderne element. Maaltye word op verskillende areas op die perseel bedien, insluitend die elegante eetkamer en die beeldskone buitelug ontspanningsarea.

Smul aan die ontbytbuffet na jou vroegoggend wildbesigtigingsrit. Geniet ’n middagete piekniek buite in die natuur terwyl jy jou voete in die stroompie afkoel, en in die aand eet jy met die sterre as jou dak en neem die grootheid van die Suid-Afrikaanse hemelruim in.

Daar is ’n kroeg op die perseel wat ’n verskeidenheid drankies aanbied. ’n 24-uur kamerdiens is op aanvraag beskikbaar.