Simfonie van Styl
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Hierdie intieme Sabi Sands akkommodasie bied ʼn ontspannende safari ervaring vir paartjies en families aan in die Kruger Nasionale Park.

Hoogtepunte

Buitengewone persoonlike diens, fynproewers kosse en wyne
Uitstekende Groot Vyf wildbesigtiging Safari aktiwiteite

Jou Ervaring

Londolozi Pioneer Camp is die mees afgesonderde van al die Londolozi se kampe. Hierdie private reservaat is gelëe in die Sabi Sands Private Wildreservaat in Kruger Wildtuin en het die intieme gevoel van ʼn stylvolle huis in die bos. Hierdie familie georiënteerde kampplek kombineer die nostalgiese lewe van die vroëe koloniale safaris met ʼn moderne ontwerp en styl. Jy vind ʼn sin vir geskiedenis in die kamp met die dekor wat jou baie tuis sal laat voel.

Hierdie is ʼn ontspannede safari ondervinding vir paartjies of families wat die hele akkommodasie eksklusief wil bespreek. ʼn Maksimum van 8 grootmense en 6 kinders kan geakkommodeer word. Die jong gaste kan aan die Welpies Klub behoort en aan aktiwiteite deelneem soos die soek van goggas, verf of spoorsny in Londolozi se eie Toekomstige Gids Kursus.

Die ouers en ander gaste kan deelneem aan vroeg oggend of laat middag wildritte op soek na die Groot Vyf wild plus vele meer. Natuur staptoere kan deur die hele familie geniet word en word gelei deur opgeleide gidse wat jou sal help om na die omgewing se kleiner diertjies, insekte, plante en voëls te soek.