Simfonie van Styl - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

©Elsa Young

Kies tussen 'n oggend en laat middag wildrit. Op elke rit stop die gidse by n piekniek plek vir versnaperinge en iets om te drink.

Wildbesigtiging

Tydens die namiddag rit kan die fantastiese sonsondergange ingeneem word, waarna die kopligte uitgehaal word om die nagdiere te besigtig. Daar is ongelooflike voël lewe in Sabi Sands Wildreservaat. Op staptoere sal die gids vir jou al die verskillende voël spesies uitwys. Party van die spesies wat hier gevind word is die Reuse ooruil, Sekretarisvoël, Visarend en die Donkersingvalk.

Spa in die Wildernis

Die welstand sentrum (spa) by die kamp sluit in joga en fiksheid fasiliteite sowel as verjongings behandelinge. Spandeer die middag, tussendeur die wildritte, in die spa vir 'n massering of om af te koel in die swembad. Hulle bied ook aan Sweedse masserings tegnieke, Aromaterapie en Reiki aan. Dit kan ook geskied in die privaatheid van jou kamer of op jou private dek.

Die Welpies Klub

Kinders wat ouers vergesel op die safari kan aan ʼn wye verskeidenheid van aktiweite deelneem spesiaal vir kinders ontwerp. Kinders onder 6 mag nie op die wildritte gaan nie maar sal dit baie geniet by die kamp se Welpie Klub. Aktiwiteite sluit in die vang van goggas, sing van liedjies, voël besigtiging en die leer van Afrika danse.

Kinders tussen die ouderdom van 6 en 16 kan deelneem aan die bos skool asook die Toekomstige Gids kursusse. Party van hierdie kursusse sluit in die gedrag van die diere en plante se gebruik vir medisyne sowel as die uitkenning van voël spesies.

Ander Aktiwiteite

Slaap onder die sterre Joga, massering en fiksheid Dag staproetes Diere spoorsny avonture Besoek aan die 4 Pilare van Hoop se gemeenskappe Die “In die Voetspore van Nelson Mandela” toer Kampvuur stories Sterrekunde lesse