Huis weg van die Huis - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

By Nkorho Bush Lodge gebruik die gidse spesiaal ontwerpte 4×4 safari voertuie vir klein privaat groepies.

Wildritte

Hierdie safari-voertuie is halfpad oop of heeltemal oop om die wildbesigtigings te vergemaklik. Wildritte begin vroeg in die oggend wat die beste tyd is om die Afrika-wild wat die Groot 5 naamlik die leeu, luiperd, olifant, renoster en buffel insluit te sien. Daar is ook ’n stop vir ’n koppie koffie of tee in die bos. Die laatmiddag/vroegaand wildrit is ’n uitstekende geleentheid om die nagdiere te sien. Daar is ’n stop by ’n skilderagtige plek om ’n skemerkelkie te geniet.

Stapsafari

’n Stapsafari is ook ingesluit tydens jou verblyf by hierdie privaat lodge. Dit is so naby aan die natuur as wat jy kan kom en ’n onvergeetlike avontuur wat net in die privaat wildkyk gebiede soos Sabi Sand ondervind kan word. Kundige gidse sal gaste in die bos vergesel (gewoonlik gewapen om jou veiligheid te verseker) waar jy meer oor die verskeie plante, bome en kleiner dierspesies en hulle rolle sal leer. Dit word in die somer voor ontbyt gedoen en in die winter na ontbyt.

4 Dag Fotografie Safari

Op hierdie kursus wat by Nkorho Bush Lodge aangebied word, kan jy by die bekroonde wild-fotograaf, Manus van Dyk aansluit vir ’n digitale fotografie kursus in die Sabi Sand Wildreservaat. Die kursus is beperk tot 4 deelnemers en sluit alle wildritte, lesings, foto evaluering en redigering in. Jy sal leer om jou aksie fotografie, fokuspunte, komposisie en nog baie meer te verbeter.