Eksklusiewe Afrika Safari
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Hierdie eksklusiewe Afrika Safari ondervinding in die Sabi Sands Wildreservaat bied wonderlike gasvryheid en wildbesigtiging vir gesofistikeerde reisigers aan.

Hoogtepunte

Persoonlike en individuele gasvryheid
Daaglikse verrassings soos pieknieks en borrelbaddens
Uitsigte oor die Sand Rivier van jou eie private dek

Jou Ervaring

Dulini River Lodge lok reisigers wat ʼn balans soek tussen uitstekende gasvryheid en die wildlewe. Die personeel is die hart en siel van hierdie eksklusiewe Afrika Safari ondervinding. Geen navraag is te veel nie en jy is verseker van individuele aandag van jou eie persoonlike hoofbediende.

Die kamers is ruim en koninklik met asemrowende uitsigte oor die Sand rivier, wat jy kan geniet terwyl jy in jou eie private verhitte plonspoel sit. Die gemeenskaplike gebiede van Dulini River Lodge is baie deurdagtig ontwerp sodat die gaste tyd het om die ander gaste te leer ken. Die opelug aandetes in die boma is baie sosiaal en lewendig.

Wyn liefhebbers is bederf met 'n wye keuse van wyne wat gepaar kan word met die tradisionele kos wat oor 'n oop vlam gaar gemaak word. Vir wittebroodspare sowel as gewone paartjies kan die personeel in ʼn gesofistikeerde omgewing aandete bied op hul privaat dekke.

Vir diegene wat nie kan wag om uit te gaan in die wildernis nie, is daar hoogs kundige gidse/spoorsnyers beskikbaar. Hulle is intuïtief en bly kalm wanneer hulle gaste neem tot digby die wild, soos die impala (die ballerina van die bos) en die leeu (die koning van die bos).