Eksklusiewe Afrika Safari - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Wildritte op hierdie Sabi Sands Wildreservaat safari word uitgevoer in gemaklike ses sitplek oop Land Rovers.

Wild Besigtiging

Bly warm in die koue oggende wanneer jy op jou wildrit gaan met warm water bottels en warm komberse wat deur die personeel van die Dulini River Lodge verskaf word. Van die wild wat besigtig kan word sluit die Groot Vyf in sowel as die jagluiperd en hiëna. Die laatmiddag/vroeg aand ritte sluit in ʼn tradisionele sonsondergang drankie.

Dit is ʼn ruskans terwyl daar na die ongelooflike sonsondergange gekyk word. Hierdie laatmiddag ritte is ideaal om die aanddiere te sien soos die sivetkat, ystervark en seekoeie. Die gidse en spoorsnyers dra baie kennis en omdat dit ʼn private verblyfplek is kan die gaste vervoer word van die pad af in die bos in vir ʼn intieme wildlewe ervaring. Daar is geen streng terugkeer reëls nie.

Bos Staptoere

Die opsie om ʼn bos Staptoer mee te maak word aangebied deur die Dulini veldgidse wat jou die kans gee om naby die natuur te kom tydens hierdie eksklusiewe Afrika Safari ondervinding. Die gidse/spoorsnyers sal hulle ongelooflike inligting met jou deel oor die bome, plante en insekte van die omgewing. Die staptoere is ideaal =om voëls waar te neem. Daar is oor die 300 verskillende voël spesies in die Sabi Sands omgewing en die spesies om voor uit te kyk sluit die Grys Reier, die Bospatrys en die Bont Visvanger, wat gereeld by die watergate en poele in die Sand Rivier kom water drink in.

Bos Etes

Jy sal nie honger ly of dors word by Dulini met sy wêreldklas kos en drank wat beskikbaar is elke oomblik nie. Alle maaltye is Afrika geïnspireerd, word fantasties bedien en kan gepaar word met ʼn bottel wyn van die lodge se wyn kolleksie. Jy kan vanaf ontbyt tot middag tee geniet terwyl jy na die ongelooflike uitsig oor die rivier kyk vanaf die kykdek. Geniet die opsie van aandetes onder die sterre met ʼn braai in die opelug Boma. Paartjies kan meer romanties raak met kerslig etes, wat nooit hulle trefkrag verloor hier in die bos nie.