Eer die Verlede
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Londolozi Founders Camp bied gaste ʼn aktiewe safari ondervinding in die Sabi Sands aan, met die fokus op gesondheid, 'n rustige spa ondervinding en baie aktiwiteite vir kinders.

Hoogtepunte

Kinder-vriendelik met familie aktiwiteite
Joga en masseer terapie beskikbaar
Fantastiese hardloop roetes, visvang en diere spoorsny aktiwiteite

Jou Ervaring

Founders Camp is die perfekte wegbreek in die Sabi Sands vir diegene wat soek vir n aktiewe safari ondervinding. Daar is iets hier om die jonger kinders mee besig te hou sowel as tieners. Van wildritte in 4x4 voertuie, spesiale spoorsny aktiwiteite, klei-duif skiet, visvang, slaap onder die sterre in die bos en hardloop roetes.

Daar is geen ouderdomsbeperking op pret nie. Met die fokus op spa, joga, masseer of fiksheids sessies vir die ouers word daar na die kinders gekyk by die Welpies Klub en kan hulle deelneem aan die Toekomstige Gidse Program.

Daar is tien ongelooflike chalets geleë onder die antieke Ebbehout en Matumi bome op die oewer van die Sand Rivier. Dit is ʼn idilliese omgewing vir 'n familie of 'n groep vriende op safari.

Die koloniale meubels bied ʼn nostalgiese en warm blik op die verlede en sal jou verbeelding aangryp. Die uitmuntende gasvryheid sal jou tuis laat voel in hierdie klassieke bos akkommodasie.