Eer die Verlede - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Elke dag is verskillend by hierdie Safari kamp in Sabi Sands Privaat Wildreservaat.

Wildbesigtigings Ritte

Gaste kan op vroeg oggend en namiddag wildritte gaan om die Groot Vyf wildlewe te besigtig. Hierdie twee tye per dag is die beste om die wild te besigtig en die feit dat Londolozi spog met twee van net 17 meester spoorsnyers in Suid Afrika, is jy verseker van 'n onvergeetlike ondervinding.

Bos Staptoere en Ander Aktiwiteite

Staptoere word begelei met 'n gekwalifiseerde toer gids, wat jou 'n heeltemal ander perspektief sal gee op hierdie ongerepte wildernis. Hierdie staptoere is ideaal vir voël entoesiaste. Londolozi bied ook die volgende aktiwiteite aan:

Joga klasse op die Londolozi dek 
Hardloop roetes 
Wild Spoorsny ondervindings 
Klei-duif skiet 
Slaap onder die naghemel 
Visvang Shangaan kulturele dorpie en leer sentrum 
4 Pilare van Hoop se gemeenskap besoek John Varty filmkuns sentrum

Familie Safari

Daar is geen tekort aan aktiwiteite om kinders besig te hou mee op hierdie safari nie. Kinders onder die ouderdom van 6 jaar mag nie op wildbesigtigings ritte gaan die, maar sal besig gehou word deur die Welpie Klub. Hulle sal leer van die bos omgewing, Afrika kultuur, spoorsny, voëlkyk, goggas vang en Afrika danse leer.

Addisionele aktiwiteite is die maak van kerse, bak, sing, storie vertel, kuns, handwerk, klei en verf. Kinders tussen die ouderdom van 6 en 12 jaar kan deelneem aan die Toekomstige Gids Kursusse. Hierdie kursusse sluit in diere maniere, plante en hulle gebruik as medisyne, voël identifikasie, Shangaan lesse, ekologie en bewaring, lesse oor wapens en die mens se plek in die natuur.

Gesondheid en Spa

Londolozi word die beste beskryf deur sy welstand verblyf in die Sabie Sands. Die Welstand Sentrum sluit in joga en oefening fasiliteite sowel as wonderlike behandelings vir ʼn ontspannende safari vakansie.

Spandeer ʼn heerlike middag met ʼn kalmerende massering of spring in die swembad om af te koel. Terapies sluit ook ʼn Sweedse massering, Aromaterapie en Reiki in. Al hierdie behandelings word ook aangebied in die privaatheid van jou kamer of op jou private dek.