Afsondering en Eksklusiwiteit - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Sien uit daarna om die Suid-Afrikaanse Bos te verken op 'n staptog of in 'n safari voertuig met hoogs opgeleide gidse en spoorsnyers.

Safari Wildrit en Bos Staptoere

Die staptoere met die gidse gee jou die geleentheid om die wye verskeidenheid van voȅls in die area waar te neem. Wildritte aan die ander kant gee jou die geleentheid om die groot Afrika wild waar te neem. Spoorsnyers sit voor op die voertuig om vars spore waar te neem terwyl die gidse met vaardigheid deur die bosveld ry terwyl hulle jou vertel van die omgewing en diere, op soek na die ontwykende wild, veral die luiperd.

Fotografie Safari

Fotografiese Safaris by Londolozi word gelei deur professionele fotografiese gidse wat jou sal lei om die beste foto’s te neem en met die redigering van jou foto’s na die tyd te help. Die Fotografiese Ateljee gee ook die gaste ʼn kans om kamera toerusting, lense en ander bykomstighede te huur. Die Ateljee sal jou in staat stel om jou foto’s te redigeer op die nuutste wye skerm iMacs wat gebruik maak van Lightroom CC.

Gesondheids en Spa Sentrum

Die Gesondheids en Spa Sentrum sluit in joga en fiksheids fasiliteite sowel as opkikker behandelings vir ʼn algehele safari ondervinding. Spandeer die middag in jou vrye tyd langs of in die swembad of met 'n ontspannede massering terapie. Terapies wat aangebied word sluit in Sweedse massering, Aromaterapie en Reiki. Alle terapie word aangebied op jou private dek of in jou kamer.

Familie op Safari

Londolozi Boskamp aanvaar nie kinders onder die ouderdom van 16 nie, tensy ʼn familie die hele kamp bespreek. Die jonger kinders kan aan ʼn verskeie aantal aktiwiteite deelneem, wat spesiaal vir hulle ontwerp is.

Kinders onder die ouderdom van 6 mag nie op wildritte gaan nie maar sal vermaak word by die Welpie Klub. Welpie Klub aktiwiteite sluit in vang van goggas, voȅl kyk, verf, sing van liedjies, stories en Afrika danse. Ouer kinders kan deelneem aan die Toekomstige Gids Kursusse. Die kursusse sluit in diere gedragspatrone, voȅl en plant identifikasie.