Klein Karoo Woestyn Safari
Oudtshoorn, Wes Kaap

Buffelsdrift Game Lodge bied ’n ontspannende Suid-Afrikaanse safari ervaring in die beeldskone Klein Karoo woestyn.

Hoogtepunte

Geleë langs ’n groot watergat – ideaal vir wild besigtiging
Restaurant op die perseel
Vrywilligheidswerkprogramme
Interaktiewe wildsprogramme
Tent-styl akkommodasie naby ’n watergat

Jou Ervaring

Buffelsdrift Game Lodge is geleë in die hartjie van die Klein-Karoo woestyn in die Wes-Kaap. Dit is ’n prentjiemooi streek in Suid-Afrika met ’n oorvloed unieke wild, fauna en flora.

Die akkommodasie by Buffelsdrift Game Lodge is langs die wildryke watergat op die reservaat gebou sodat gaste heeldag wild besigtigingsgeleenthede het. Die watergat is ook die tuiste van ’n trop seekoeie wat gesien kan word luilê in die Afrika son.

Die luukse tent-styl kamers sal jou ’n regte bosveld gevoel gee, sonder om enige van daardie hemelse geriewe prys te gee. ’n Private sondek loop tot by die water se rand uit en is die ideale plek om te ontspan. Die Klein Karoo woestyn is lewendig, dog stil en oop en hier by Buffelsdrift Game Lodge is jy omring met die prentjiemooi Swartberg-berg. Jy sal elke dag met ’n verwondering vir die natuur wakker word.

Jou safari ervaring by Buffelsdrift Game Lodge sal nie ’n teleurstelling wees nie. Die reservaat se stil omgewing en oop vlaktes is ideaal vir gaste wat opsoek is na ’n bietjie afsondering en ontspanning.

Hierdie Klein Karoo woestyn safari bied ook 4x4-wildbesigtigingsritte regdeur die dag aan. Dit is veral heerlik vir die wat daarvan hou om laat te lê. Jy kan ’n wildbesigtigingsrit enige tyd van die dag – wanneer dit jou pas – aanpak.