Klein Karoo Woestyn Safari - Aktiwiteite
Oudtshoorn, Wes Kaap
By Buffelsdrift Game Lodge is wildbesigtigingsritte regdeur die dag beskikbaar en hou vir omtrent 2 uur aan.
Bos Safari
Die mees populêre rit is die Skemerkelkie Rit – veral gedurende die somer maande. Die Klein Karoo het ’n heerlike klimaat wat wild besigtiging regdeur die dag, die hele jaar, moontlik maak. Hier sal jy ’n verskeidenheid diere sien, insluitende seekoei, olifant, kameelperd, eland, sebra, buffel, renoster en springbok. Verversings word met elke safari rit bedien. Gaste het ook die opsie om op ’n gespesialiseerde meerkatsafari te gaan.
Sterrekyk
Sterrekyk by Buffelsdrift Game Lodge is ’n wonderlike ervaring. Kilometers ver van enige stad geleë, die lug is lig- en besoedelingvry en daarom ideaal vir sterrekyk. Hier kan jy die konstellasies van die suidelike hemelruim duidelik sien. Jy het ook die geleentheid om meer te leer oor hierdie konstellasies en hulle betekenis vir die mense wat die vlaktes bewoon het lank voor die moderne mens.
Wild Besigtiging
Buffelsdrift Game Lodge bied hul gaste die geleentheid om naby aan sommige van die wild op die reservaat te kom. Hier kan jy sommige van die diere vryf, voer en langs hulle stap. Hierdie aktiwiteit is ’n manier om meer insig oor van Afrika se ongelooflike wild te kry. Dit is ’n ervaring waarby die hele familie betrokke kan raak om meer oor die natuur te leer.
Vrywilligheidswerkprogram
’n Ervaring wat jou lewe kan verander. Buffelsdrift Game Lodge het ’n vrywilligheidswerkprogram waarby jy betrokke kan raak. Dit is ’n geleentheid om tyd te spandeer met die diere op die reservaat deur na hulle behoeftes om te sien. Jy sal dalk nooit weer wil teruggaan stad toe nie.
Spa
Tydens jou verblyf by hierdie Klein Karoo woestyn safari het jy meer as genoeg tyd en plek om ten volle te ontspan. Die spa op die perseel is een van hierdie plekke. Die produkte wat in die spa gebruik word se bestanddele word plaaslik gemaak en die terapeute bied ontspannende en vertroostende behandelinge vir al jou kwale.