Olivers Spa
Witrivier, Mpumalanga

As u opsoek is na die mees onstpannende ervaring, sal Oliver’s Spa al jou verwagtinge oortref. The gesondheids en skoonheids kompleks bied gaste ‘n verskeidenheid van verfrissende spa pakette en behandelinge aan onder die leiding van professionele skoonheids terapeute. Ontspan en geniet ‘n uitmuntende paartjies massering met jou geliefde, of selfs ‘n liggaam en gesig behandeling, ontwerp om jou gemoed op die kikker en jou sintuie te versag.

Ander masserings pakette sluit in ‘n energieke voetskrop en vogmasker, asook ‘n diep weefsel massering, limfdreinering en aromaterapie met Oliver’s Oils.

Luukse manikure en pedikure is ook beskikbaar, so wel as ‘n voledige wakskamer vir al jou skoonheids benodigehede. Spesiale behandelinge sluit in ‘astheth peeling’, wat gemik is op verouderde vel; ‘n ontspannende ‘foot peel’ wat moë voete behandel, en ‘n ‘DNA botox facial’, wat ontwerp is om fyn lyne te behandel - dit behels ook ‘n toevoegings en ‘n oogmasker. Die buite area op die Gesondheids stoep bied asemrowende uitsigte van Oliver’s se tuine en omligging.

Spa pakette is pasgemaak om vriende en familie te bederf. Bruidspakette, sowel as individue opsies vir mans, tieners, swanger vrouens en kinders is beskikbaar.

Oliver’s se fantastiese behandelinge is bedoel om elke gas se liggaam en siel te laat onstpan en vernuwe voel.