Olive Grass Snake
Olyfkleurige Grasslang

© Tyrone Ping

Naam

Olyfkleurige grasslang, olyfkleurige sweepslang [Psammophis mossambicus]

Bevolkingstatistiek

Klas: Reptilia
Orde: Testudines
Familie: Colubridae
Lengte (V): 1 285 mm
Lengte (M): 1 451 mm

Beskrywing

Die olyfkleurige grasslang is ‘n groot, stewig geboude slang met ‘n lang stert en die snoet is nie afgeplat nie. Die rug is olyf-bruin, (ligter in die rigting van die stert), soms met swartomlynde skubbe wat dun swart lyne of verspreide swart spikkels op die voorlyf veroorsaak. Die pens is witgeel, soms met swart strepe.

Verspreiding

Die slang kom voor in die noordelike dele van die gebied, en suid al langs die KwaZulu-Natalse kus en elders tot in Kenia.

Voortplanting

Die wyfie lê 10 – 30 eiers in blaarmolm in die midsomer. Hulle broei na ongeveer 65 dae uit.

Gif

Die gif mag naarheid en pyn veroorsaak.

Dieet

Die olyfkleurige grasslang vreet soms ander slange, selfs jong swart mambas.

Veldaantekeninge

Persoonlike observasies sluit in twee geleenthede waartydens ‘n olyfkleurige grasslang ‘n Angolese groenslang [Philothamnus angolensis] ingesluk het.