Heiligdom van Rustigheid
Nambiti Hills Privaat Wildplaas, KwaZulu-Natal

Nambiti Hills Private Game Lodge is die perfekte luukse romantiese wegbreek in KwaZulu-Natal.

Hoogtepunte

In die hartjie van die beeldskone Nambiti Groot 5 Wildreservaat geleë
Naby aan bekende historiese en kulturele attraksies
Hengel, wildbesigtigingsritte en voëlkyk
Privaat en intieme akkommodasie – goeie opsie vir luukse ontspanning
Kan eksklusief bespreek word vir geleenthede – troues en konferensies

Jou Ervaring

Nambiti Hills Private Game Lodge is op die beeldskone Nambiti Groot 5 Wildreservaat in die historiese- en kulturele ryk KwaZulu-Natal provinsie van Suid-Afrika geleë. Nambiti Hills Private Game Lodge is ’n wild toevlug op golwende groen heuwels en perfek vir ’n romantiese wegbreek in KwaZulu-Natal. 

Gaste wat opsoek is na ’n spesiale bos troue sal by Nambiti Hills Private Game Lodge vind waarna hulle soek; luukse akkommodasie, ’n romantiese atmosfeer omring met natuurlike skoonheid en 'n heiligdom van rustigheid.

Nambiti Hills Private Lodge fokus op romanse, ontspanning en die natuur. Saam skep hierdie 3 elemente die perfekte omgewing vir jou om saam met jou geliefde te konnekteer. By hierdie lodge kan gaste saam hul eerste koppie koffie van die dag op hul luukse suite se privaat dek geniet, terwyl hulle oor die reservaat uitkyk. Of jy nou hier bly om vir jou troue te beplan, of om tyd te spandeer in die wildernis, jou kamer bied jou met ’n heerlike rustige atmosfeer.

Nambiti Hills Private Lodge doen alles in hul vermoë om te verseker dat jou verblyf gerieflik en gemaklik is. Bederf jouself met ’n spa behandeling by die lodge se wêreld-klas spa (wat goeie pakkette vir paartjies bied). Neem jou geliefde op ’n romantiese wegbreek in KwaZulu-Natal na ’n unieke bestemming met luukse akkommodasie en volop wild. Word weer verlief op jou ander helfte en die natuur.