Heiligdom van Rustigheid - Aktiwiteite
Nambiti Hills Privaat Wildplaas, KwaZulu-Natal

Hier kan jy jou dae vul met informatiewe wildbesigtigingsritte wat jou deur Nambiti Wildreservaat se verskeie landskappe sal neem.

Wildbesigtigingsritte

Gaan in die wildernis in met sonsopkoms en sonsondergang en aanskou die ongelooflike wild van die reservaat. Die oop-safari-voertuig laat jou toe om gerieflik foto’s te neem, terwyl jou gids vir jou die wild se gedrag verduidelik.

Nambiti Groot 5 Wildreservaat is die tuiste van meer as 30 dierspesies. Renoster, leeu, verskeie bokke en seekoeie kan almal om Nambiti Hills Private Lodge gevind word. Die reservaat se ideale klimaat en beeldskone landskap sorg vir ’n uitmuntende privaat safari ervaring.

Voëlkyk

Nambiti Wildreservaat is ’n voël-entusias se paradys. Meer as 250 verskillende voëlspesies kan in die area gesien word. Hierdie aktiwiteit is ontspannend en ’n goeie manier om meer te leer oor die reservaat se ongelooflike eko-sisteem. Tydens hierdie romantiese wegbreek in KwaZulu-Natal het jy heelwat natuurskoon om te ontdek en te sien.

Hengel

Die damme van Nambiti Hills wremel met vis. Hier kan jy heerlik hengel tydens jou tyd af tussen wildbesigtigingsritte.

Historiese Toer

KwaZulu-Natal is gevul met komplekse geskiedkundige gebeure wat ’n impak gehad het op die land wat Suid-Afrika vandag is. Ontdek die kloppende hart van die plaaslike informele nedersetting en leer meer oor die lewe van die mense wat daar woon. Sit jou voet op die bekende 'Battlefields' area en leer meer oor waar die oorloë plaas gevind het en wie betrokke was by hierdie geveg oor die beeldskone Natal land.

Helikoptervlugte

Gaan uit op ’n opwindende helikoptervlug oor die magiese Drakensberge. Dit is ’n opwindende ervaring wat jou die skoonheid van die bergreeks vanuit ’n ander perspektief sal wys. Dit gee jou die geleentheid om in verwondering te wees oor Suid-Afrika se natuur.  

Bos Maaltye

Verlustig jouself aan gourmet disse en fynproewersetes. Handgemaakte peuselhappies, smaakvolle maaltye en dekadente nageregte word deur ’n span kulinêre kunstenaars bymekaar gesit. Al die vars produkte is plaaslik verskaf en die spyskaarte maak van seisoenale bestanddele gebruik. Die hoof sjef kan jou maaltye vir jou aanpas, indien jy enige spesiale dieetversoeke het. Dit moet egter met vooraf reëling georganiseer word.