Nambiti Plains Private Game Lodge het luukse suites wat apart van die hoof lodge gebou is.
Elke suite bied privaatheid en het ’n stylvolle dekor wat die omliggende wildernis weerspieël. Al die suites het ’n dakwaaier, muskietnette, haardroër, kroegyskas en tee en koffie maak geriewe. Die Executive suites het almal ondervloerse verhitting en ’n privaat dek wat ’n 180 grade uitsig op die omliggende bosveld bied.
Spandeer die tye tussen die wildritte op die dek met ’n koue drankie of langs die swembad wat op die watergat uitkyk. As jy gelukkig is sien jy dalk ’n trop olifante wat kom water drink uit die swembad waarin jy nou net geduik het.
Ander geriewe:
Leeshoekie
Knus sitkamer met ’n kaggel
Buitelug sitkamer
Kamer diens
Boma