Atmosfeerlike Eko-lodge - Aktiwiteite
Nambiti Privaat Wildreservaat, KwaZulu-Natal

Die Nambiti Wildreservaat bied die enigste Groot 5 besigtiging in die omgewing, asook tot 40 ander groot soogdiere soos die jagluiperd, hiëna, seekoei, kameelperd, eland en gemsbok.

Wildritte

Hier is ’n ongelooflike biodiversiteit wat wissel van savanne tot doringveld en grasvlaktes. Die wildritte by die luukse Nambiti Plains Private Game Lodge is in die oggend vroeg om die pragtige sonsopkoms te sien of in die laatmiddag met sonsondergang.

Die laatmiddag wildrit is die perfekte tyd om die leeus wat in die son lê en rus te sien of die renosters en buffels wat by die watergat afkoel. Hierdie wildrit word later ’n nagrit waartydens die ervare gids interessante inligting oor die Melkweg, Orion se gordel en die Suiderkruis verskaf.

Buiten die twee daaglikse wildritte bied hierdie lodge ’n opwindende vang-en-loslaat visvang geleentheid in die omliggende damme en riviere. Dit is heerlik ontspannend om ’n uur of twee te kan rus met ’n visstok in een hand en ’n yskoue drankie in die ander.

Bos Etes

Maaltye by hierdie Atmosfeerlike Eko-lodge vat jou op ’n kulinêre reis wat op tradisionele Suid-Afrikaanse smake fokus. ’n Span toegewyde sjefs poog daarna om net die varsste bestanddele te gebruik wat soveel as moontlik op die terrein geproduseer word en dit sluit vars gebakte brood, vrugte salsas en ’n verskeidenheid ander tuisgemaakte lekkernye in.

Ontbyt is ’n fees vir die oog en word by jou persoonlike tafel bedien. Middagete kan in die privaatheid van jou kamer of in die hoof eetkamer geniet word. Aandetes by hierdie lodge in die Nambiti Wildreservaat word in die hoof eetkamer, gemaklike boma of vir ’n eg Suid-Afrikaanse safari ervaring in die bos bedien.

Geniet die oorvloed van KwaZulu-Natal met kos wat direk van hierdie provinsie kom en deur die sjefs in fynproewer maaltye omgesit word. Vir die romantikus kan ’n privaat piekniek smiddags gereël word. Alle spesiale dieet vereistes sal na die beste van die kombuispersoneel se vermoëns nagekom word.