Betowerinde Affêre
Mpongo Privaat Wildreservaat, Oos-Kaap

Mpongo Privaat Wildreservaat in die Oos-Kaap bied wildbesigtigingsritte, bos wandelinge en maaltye wat gedeel word in die teenwoordigheid van die plaaslike seekoeie.

Hoogtepunte

Oggend & aand wildbesigtigingsritte met peuselhappies en drankies
Vele voëlkyk geleenthede, asook besigtinge van olifante, leeus, buffels en kameelperde
Persoonlike Suid-Afrikaanse gasvryheid
Safari wandelinge gelei deur spoorsnyer gidse
Restaurant wat uitkyk oor ’n watergat wat gereeld besoek word

Jou Ervaring

Mpongo Privaat Wildreservaat is in die Oos-Kaap Provinsie van Suid-Afrika geleë. Hierdie reservaat bied en-suite kamers en chalets, asook kamp fasiliteite vir gaste wat slegs ’n aand of twee wil bly. Die hoogtepunt van jou verblyf sal verseker die twee-daaglikse wildbesigtigingsritte in gespesialiseerde safari voertuie wees. Kenner gidse lei die soektog na wild - leeus, buffels, kameelperd en ’n interessante kombinasie van bokke en voëls.

Ontdek die kleiner diere en diverse flora op die bos wandeling safari’s waartydens ervare spoorsnyers en gekwalifiseerde gidse graag hul kennis van die bos met jou deel.

Dié wat opsoek is daarna om die Oos-Kaap te ontdek tydens hul verblyf het ’n reeks beskikbare opsies. Jy kan kies om ’n dag uitstappie na Oos-Londen te neem, of om vir die dag een van die mooi wit strande langs die kus te besoek.

Mpongo Privaat Wildreservaat bied ’n goeie balans tussen besigtinge van diere op die land en in die see. Hier kan jy gerus vir dolfyne en walvisse uitkyk.

Die perseel se restaurant bied drie keer ’n dag – ontbyt, middagete en aandete – maaltye aan wat jou mond sal laat water. Die restaurant is strategies geleë, net bo die seekoei se watergat. Gaste geniet ’n smaakvolle middagete, terwyl hulle na die lui seekoeie in die nabye water kyk.