Betowerinde Affêre - Aktiwiteite
Mpongo Privaat Wildreservaat, Oos-Kaap

Wildbesigtigingsritte by Mpongo Privaat Wildreservaat word in gespesialiseerde safari voertuie deur ervare gidse begelei.

Wildbesigtigingsritte

Die soektog na die ongelooflike diere van die bos vind twee keer ’n dag plaas. Die reservaat bestaan uit valleie, riviere en digte bosse en spog met  bok spesies groot wild, asook ’n verskeidenheid voëls. In die oggend keer die roofdiere terug na hul nag se jag ekspedisies, en laat in die middag word die bos en die nagtelike diere wakker.

Bos Wandelinge

By hierdie privaat reservaat in die Oos-Kaap sal die gekwalifiseerde spoorsnyers gaste op ’n ongelooflike bos wandeling ervaring uitneem. Safari wandelinge bied jou die ideale geleentheid om die diere se spore te volg en meer oor die diverse spesies flora langs die pad te leer. Insekte en ander klein diere word gereeld op wildbesigtigingsritte misgekyk en vorm die hoogtepunt van die bos wandelinge. Die kenner gidse en spoorsnyers vermaak gaste graag met hul persoonlike kennis oor die bos. Daar is ’n keuse tussen 5 km en 20 km staproetes.

Maaltye

Maaltye by Mateya Safari Lodge is ’n magiese geleentheid – heerlike maaltye word onder ’n kombers van sterre bedien. Die toegeweide span sjefs by Mpongo Privaat Wildreservaat streef daarna om elke maaltyd ’n onvergeetlike geleentheid te maak. Die kulinêre hoogtepunte by Huberta Restaurant neem jou op ’n reis deur Afrika. Alle maaltye word voorberei met slegs die varsste produkte wat plaaslik geproduseer word. Hier kan jou maaltye ook met sommige van die beste plaaslike wyne vergesel word.