Huis in die Bosveld - Aktiwiteite
Mbombela, Mpumalanga

Een van die opwindendste aktiwiteite by Tomjachu Lodge is om op ’n wildrit te gaan.

Wildritte

Buiten die natuurskoon is dit ’n besonderse ervaring om op die oop Land Rover die wild van naby te sien. Saam met die professionele veldwagter kan jy kameelperde, rietbokke, blesbokke, volstruise, jakkalse, otters, nagapies, ystervarke en nog baie meer sien.

Staproetes

As jy net die briesie wil voel en die wondere van die natuur wil geniet sal die staproetes perfek wees. Aangesien Tomjachu Bush Lodge nie die Groot 5 het nie, is dit veilig om rond te loop en die natuurskoon te ontdek. ’n Begeleide stapsafari is ook beskikbaar.

Voëlkyk

Hierdie bos paradys het meer as 265 verskillende voëlspesies wat hier nesmaak en om net terug te sit en hulle te probeer identifiseer is enige voëlkyker se droom.

Bergfiets Roetes

As jy energie het waarvan jy ontslae wil raak kan jy by Tomjachu Bush Lodge op ’n bergfiets in die omringende berge rondry. Daar is verskillende roetes beskikbaar vir beginners tot intermediêre fietsryers. Die roetes bestaan uit gemerkte plaas-en ander paaie wat wissel tussen 4 en 12 km en jy kan jou eie fiets bring of een huur.