Private Safari Wegbreek
MalaMala Wildreservaat, Kruger Nasionale Park

Sable Camp bied private en intieme verblyf vir paartjies by die magiese en indrukwekkend MalaMala Wildreservaat wat uitstekende wildbesigtigingsgeleenthede beloof.

Hoogtepunte

Kan eksklusief bespreek word
Slegs kinders ouer as 12-jaar word toegelaat
Geleë op die grootste wildreservaat in die Kruger - MalaMala
Op ’n hoë ligging gebou vir ’n uitsig van die wildernis
Afgesonderde en intieme ligging met private spa

Jou Ervaring

Sable Camp se afgesonderde ligging op die pragtige MalaMala Wildreservaat maak dit die perfekte wegbreekbestemming. Die verblyf is ideaal vir paartjies of diegene wat hulleself met natuurskoon wil omring.

By hierdie akkommodasie in die MalaMala Wildreservaat kan jy veilig bo die kalmerende rivieroewer uitkyk oor die indrukwekkende Afrikabos. Die uitsig sal jou help om te ontspan tussendeur jou safari-avonture.

Sable Camp se aantrekkingskrag is die hoë ligging. Die kamp is gebou op ’n heuwel wat uitkyk oor die magtige Sabierivier. Dit beloon jou met ’n ongelooflike uitsig oor die wyd uitgestrekte landskap. Hierdie uitkykpunt bied jou ook die geleentheid om te aanskou hoe bedrywige wild na die water kom om te drink.

Die afgesondende ligging en rustige atmosfeer maak Sable Camp werklik perfek vir diegene wat opsoek is na ’n romantiese wegbreek. Daar is slegs ’n paar kamers, wat bydrae tot ’n intieme en afgesonderde atmosfeer. Sable Camp kan ook eksklusief bespreek word vir ’n groep van 10-18 gaste - ideaal vir ’n klein troue in die bos, of ’n geloftehernuwing.

Sable Camp se verblyf is ’n uitstekende Afrika bosavontuur.