Onvergeetlike Reis
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die malariavrye Royal Madikwe bied eksklusiewe familie akkommodasie aan vir ’n Suid-Afrikaanse safari in die privaat Madikwe Wildreservaat in die Noord-Wes provinsie.

Hoogtepunte

Oggend & aand wildbesigtigingsritte
Gespesialiseerde kinderaktiwiteite
Voëlkyk & bos wandelinge
Aandetes in die traditionele buitelug boma
Zulu danse & drom lesse

Jou Ervaring

The Royal Madikwe, wat onlangs die wêreld se 'beste luukse wild lodge' titel vir die 2de jaar in ’n ry gewen het, bied akkommodasie in 5 verskillende kamer tipes aan vir ’n maksimum van 12 gaste. Elke kamer het die beste moderne geriewe en prentjie mooi uitsigte oor die ongelyke landskap. Vroeg in die oggend en laat in die middag is die perfekte tyd om ’n opwindende wildbesigtigingsrit te onderneem. Die gidse wat die ritte lei, hou die behoeftes van kinders op safari in gedagte en probeer altyd die diere wat kinders opgewonde is om te sien, op te spoor.

Tussen wildbesigtigingsritte sal kinders aan gespesialiseerde aktiwiteite kan deelneem, om hulle vermaak te hou. Stap safari’s is die beste manier om die ongelyke, rowwe bosveld terrein en diverse wildlewe te verken. Voëls, insekte en plante vorm die fokus van hierdie staproetes. Die gidse deel graag hul uitgebreide kennis oor die bos en die spesifieke habitat met jou, om die wandeling so interessant as moontlik te maak.

By Royal Madikwe kan jy selfs ’n span van ekoloë, veeartse en vlieëniers help tydens ’n proses waartydens wild gevang word sodat die span halsbande om hul nekke kan pas as deel van ’n konservasie projek. Heerlike kos kan by Royal Madikwe geniet word. Op die wildbesigtigingsritte word tuisgemakte peuselhappies bedien terwyl jy die romanse van die bos inneem. Die opgleide sjefs maak vullende ontbyt, ligte middagetes, smaakvolle gebakte geregte saam met tee, asook geurige aandetes.