Onvergeetlike Reis - Jou Verblyf
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

By Royal Madikwe is daar ’n keuse tussen akkommodasie in die Luukse Suites, die Koninglike Villa, Wittebrood Suite of Keiser Suite.

Jou Kamer

Die Koninglike Villa is perfek vir grootter groepe reisigers, soos vriende of familie wat saam toer.

Dit is ontwerp met ’n huislike gevoel. Die individuele ontwerp van elke suite spog met moderne geriewe en wonderlike uitsigte oor die omliggende bos. Elke suite is opgemaak met die luukshede van lugverkoeling, tee- en koffie fasiliteite, haardroeër, klein kroeg, kluis, Wifi, buite storte en het ’n privaat plonspoel op die besigtigingsdek.

Lodge Fasiliteite

Klubhuis Boma
Ontspanningsarea met kaggel
Besigtigingsdek
Kinder vermaak
Noodhulp