Onvergeetlike Wildkyk
Klaserie, Groter Kruger

Africa on Foot Camp spesialiseer in stap safari’s wat deur ervare gidse en spoorsnyers gelei word, en bied bekostigbare, eko-vriendelike akkommodasie met vele wild besigtiging in die Groter Kruger area aan.

Hoogtepunte

Kruger Park stap safari’s met spoorsnyers en gidse
Oggend- en aandwildbesigtigingsritte
Gemaklike chalet akkommodasie met opsionele boomhuis-uitslaap
Boma, plonspoel en braai area
Onversteurde uitsigte oor die wildernis

Jou Ervaring

Africa on Foot Camp is in die hartjie van die Klaserie Privaat Natuurreservaat, wat ’n onomheinde grens met die Kruger Nasionale Park deel, geleë. Hierdie stap safari kamp in die Groter Kruger kan met alle reg as ‘outentiek’ beskryf kan word.

By Africa on Foot Camp is jy heeltemal toegevou in die natuur en jy hoef niks gemak daarvoor prys te gee nie. Die gidse by Africa on Foot Camp spesialiseer in professionele stap safari’s en is hoogs opgelei in die kuns van spoorsny.

Hulle sal jou meer oor die plaaslike fauna en flora leer en jou aanmoedig om die wildernis te verstaan. In die eetkamer is daar ’n groot tafel waar jy, in egte safari tradisie, saam met ander gaste kan eet en stories van die dag se besigtinge deel.

Die buitelug boma en kampvuur is ook 'n gesellige plek – oggend of aand. Africa on Foot Camp bied jou ook die geleentheid om ’n uit-slaap onder die sterre te geniet - ’n evaring vir die vreeslose romantikus!