Herinneringe in die Bos
Klaserie, Groter Kruger

Baobab Ridge bied intieme en onvergeetlike verblyf in die Groter Kruger aan vir ’n outentieke safari ervaring in Suid-Afrika.

Hoogtepunte

Swembad wat uitkyk oor ’n watergat
Aand en dag wilbesigtigingsritte in oop Land Rovers
Begeleide bos wandelinge
Klein en intieme lodge, wat eksklusief uitverhuur kan word

Jou Ervaring

Baobab Ridge lê binne die Klaserie Privaat Natuur Reservaat, wat deel is van die Groter Kruger Nasionale Park. Dit is ’n familie besitte lodge waar die eienaars hul beste gedoen het om ’n huis-weg-van-die-huis gevoel te skep.

Geniet ’n besige dag van ontdekking buite in die bos en kom terug na ’n omheinde lodge waar jy rustig en veilig kan ontspan vir die aand. Daar is ’n besigtigingsdek wat uikyk oor die bosveld en ’n watergat wat gereeld besoek word. Koel af tydens die hitte van die dag met ’n ys-koue drankie, terwyl jy luiperd, wilde honde en ’n verskeidenheid ander wild dophou. Hier het jy ook die geleentheid om die Klaserie reservaat met ’n nagrit te ontdek.

Tydens sonsondergang kan jy vir ’n skemerkelkie uitklim en die mooi rooi Afrika son inneem, voordat jy ’n asemrowende skouspel van sterre sal sien. In die aande eet jy in die boma rondom ’n groot vuur, met niks anders as die melkweg bo jou en die geroep van die hiëna in die verte nie. Die lodge sien graag om na gaste met spesifieke dieëtversoeke en sit jou gemak ter alle tye eerste. Baobab Ridge kan eksklusief uitbespreek word. Hierdie intieme lodge is ideaal vir families of groepe wat graag saam wil toer.

Geniet die privaatheid van jou eie kamer in die aand en pak opwindende aktiwiteite saam aan in die dag. Wittebrood reisigers en paartjies kan ook voordeel trek uit Baobab Ridge se intieme en ontspannende omgewing deur ’n romantiese en private wegbreek te bespreek. Tydens jou besoek aan Baobab Ridge kan jy die perfekte balans tussen ontspanning en avontuur geniet, toegevou in die natuurlike omgewing en die uiterse gemak van die lodge.