Shiduli Private Game Lodge
Karongwe Wildreservaat, Limpopo

Bederf die familie in die bos op n safari by Shiduli Private Game Lodge in die Karongwe Wildreservaat.

Hoogtepunte

Groot 5 besigtinge
Lae-risiko malaria area
Perfekte familie bestemming; kinders van alle ouderdomme is welkom
Grasdak kamers, met aanlopende suites vir families
Naby aan die Kruger Nasionale Park

Jou Ervaring

Shiduli Private Game Lodge is in die Karongwe Wildreservaat in die Limpopo provinsie geleë en bied jou ’n luukse Afrika safari ervaring in ’n beeldskone omgewing. Die reservaat is die tuiste van ’n groot konsentrasie wild, insluitende die Groot 5. ’n Diverse bioom sorg vir ’n unieke en opwindende bosveld ervaring.

Tydens jou verblyf in Karongwe sal jy met uitmuntende, verpersoonlike diens ontmoet word. Die diens is onoortreflik, maar maak nooit aanspraak op jou privaatheid nie. By Shiduli Private Game Lodge word jy soos koninklikheid hanteer.

Die luukse suites het elk ’n ongesteurde uitsig oor die bosveld. Gaste hoef nooit eers hulle elegante suites te verlaat om wild te aanskou nie en daarom is Shiduli Private Game Lodge ’n populêre keuse onder paartjies en families.

Sorg word geneem om jou verblyf onvergeetlik te maak. By Shiduli Private Game Lodge sal jy verfris en ontspanne huis toe gaan met oorgenoeg rede om terug te kom vir nog ’n luukse familie vakansie.