Shiduli Private Game Lodge Aktiwiteite
Karongwe Wildreservaat, Limpopo

Shiduli Private Game Lodge is geleë in die 9 000 hektaar Karongwe Wildreservaat wat die tuiste is van ’n oorvloed wild – insluitende die Groot 5.

Wildbesigtiging

Die reservaat spog met ’n diverse habitat, drie ewige-riviere en massiewe jakkalsbessie- en hardekoolbome. Wildbesigtigingsritte word onderneem in oop safari-voertuie wat wildkyk en fotografie vergemaklik. Gedurende die laat-middag rit kan jy ’n skemerkelkie drink en kyk hoe die son oor die beeldskone Drakensberg sak. Die ritte word deur gekwalifiseerde gidse gelei wat graag hul intieme kennis en ervaringe van die bos met gaste deel. 

Bos Maaltye

Slegs die beste disse is word by Shiduli bedien, voorberei deur prys-wenner sjefs wat watertand Pan-Afrika maaltye voorberei. Maaltye word bedien op ’n verskeidenheid liggings in en om die lodge, soos die formele eetkamer, ’n beeldskone buitelug dek of in die tradisionele buite boma.

Spesiale dieetversoeke kan na omgesien word met vooraf reëling. ’n Verskeidenheid plaaslike en internasionale wyn, bier, siders en sterk drank is by die kroeg op die perseel beskikbaar.

Kinders

Kinders jonger as 6 jaar is nie toegelaat om op die wildrit te gaan nie, maar daar is baie ander aktiwiteite by Shiduli Private Game Lodge om hulle beesig tehou. Die Little Paw Centre bied baie aktiwiteite aan vir kinders om hulle besig en te vermaak.

Spa

Gaste kan 'n verfrissende spa-behandeling in die Thera Nakka Spa in die Afrika-wildernis geniet. Bederf jouself met Afrika-ontwakende masserings, verfrissende body wraps, hand- en voetrituele behandelings en vele meer, laat jou verfris en versterk voel.