Karongwe River Lodge is ’n intieme lodge geleë in die Karongwe Privaat Wildreservaat, Suid-Afrika.
Klein, intieme lodge in Karongwe Privaat Wildreservaat
Gereelde Groot 5 besigtinge
Gourmet maaltye
Asemrowende uitsig
Lae-risiko malaria area
Ontspan by die Rivier
Karongwe River Lodge is in die Karongwe Wildreservaat in die Limpopo Provinsie geleë en bied jou die geleentheid om die beste van twee wêrelde te ervaar: ’n egte Afrika safari gekomplimenteer deur die moderne geriewe van ’n luukse romantiese wegbreek. Groot 5 besigtinge is algemeen binne die reservaat en nabye aanskouings is die norm, so hou daardie kamera gereed!
Gaste van alle ouderdomme is welkom by hierdie intieme lodge. Moeite word gedoen om die jongklop gelukkig te hou, terwyl hul ouers die aktiwiteite en fasiliteite op aanbod by die lodge kan geniet.
Gedurende jou besoek sal jy met uitstekende diens beantwoord word. Die vriendelike en hulpvaardige personeel doen alles in hul vermoë om jou verblyf onvergeetlik te maak.
Die opulente suites het elk hul eie besigtigingsdek wat jou toelaat om wild te besigtig sonder om eers jou kamer te verlaat. Om hierdie rede is Karongwe River Lodge ’n populêre keuse onder wittebrood reisigers.
Jy sal aan die einde van jou besoek aan Karongwe River Lodge ontspanne, verfris en met hope herinneringe terug gaan. Karongwe River Lodge sal vinnig een van jou gunsteling bestemmings word.