Weggesteek in die hartjie van die diverse binoom is Karongwe River Lodge, omring met massiewe bome en ’n uitsig oor die ewig-vloeiende riviere in die reservaat.
Die 9 000 hektaar Karongwe Wildreservaat is die tuiste van ’n aantal dier- en voëlspesies, insluitende die bekende Groot 5.
Twee-daaglikse wildbesigtigingsritte in oop 4x4-safari-voertuie word vanaf hierdie intieme lodge onderneem. Die eerste rit van die dag gaan vroeg in die oggend uit en bied jou die geleentheid om te sien hoe die bosveld om jou wakker word. Die laatmiddag rit sluit ’n skemerkelkie by ’n uitsigpunt in; ’n kans om die son te sien sak oor die horison van Afrika.
Gedurende die wildbesigtigingsritte sal jou ervare gids sy intieme kennis oor die fauna en flora van die area met jou deel. As jy opsoek is na iets meer persoonlik kan jy saam met ’n plaaslike Shangaan spoorsnyer op ’n geleide safari wandeling gaan. Hierdie bos wandelinge sal jou naby bring aan die verskeie wild-,voëls- en insekspesies van die reservaat bring.
Karongwe River Lodge beloof ’n magiese eet ervaring wat jy nooit sal vergeet nie. Die Pan-Afrika disse word deur ’n wêreld-klas sjef voorberei en bedien op verskeie romantiese liggings om die lodge, soos die rustieke buitelug boma of die elegant gemeubileerde eetkamer. ’n Verskeidenheid plaaslike en ingevoerde biere, wyne, sterk drank en koeldranke is beskikbaar om jou maaltyd te vergesel.
Gaste met spesiale dieetversoeke, van vegetariër tot gluten-intoleransie sal mooi na omgesien word by Karongwe River Lodge waar die kombuis uit hul pad uit sal gaan om jou met vooraf reëling te akkommodeer.