Chisomo Safari Camp Aktiwiteite
Karongwe Wildreservaat, Limpopo

Chisomo Safari Camp is weggesteek in die 9 000 hektaar Karongwe Wildreservaat, wat die tuiste is van ’n magdom spesies, insluitende die bekende Groot 5.

Wildbesigtiging

Die reservaat bestaan uit diverse biomes en het 3 ewige-riviere, asook ’n aantal massiewe hardekool en jakkalsbessie bome.

Twee-daaglikse wildbesigtigingsritte word in oop safari-voertuie aangebied, onder leiding van ervare en goed-ingeligte gidse wat graag hul kennis oor die bos met gaste deel. Tydens die vroegoggend rit sal jy sien hoe die Afrika bosveld voor jou oë wakker word. ’n Skemerkelkie wag op jou met die laatmiddag rit, wanneer jy die geleentheid het om die nagtelike diere van die bos te sien.

Bos Maaltye

By Chisomo Safari Camp in die Karongwe Wildreservaat kan jy smaakvolle Pan-Afrika maaltye geniet. Die kombuisspan bestaan uit hoogs-gekwalifiseerde sjefs wat trots is op die watertand disse wat hulle vir gaste voorberei. Maaltye word bedien op ’n reeks verskillende liggings regoor die kamp en wissel van ’n elegante kerslig eetarea, buitelugetes onder ’n kombers van sterre tot etes langs ’n oop vuur in die tradisionele boma.

Chisomo Safari Camp sal so ver moontlik na spesiale dieetversoeke omsien, met vooraf reëling. Die kroeg het ’n verskeidenheid plaaslike en ingevoerde biere, wyn, sterk drank, siders, koeldranke en heerlike skemerkelkies op aanbod.

Spa

Geniet 'n verfrissende spa-behandeling in die Thera Naka Spa. Bederf jouself met hemelse aromas en kruie-suiwerheid in die Afrika-wildernis. Hulle bied 'n unieke spa-reeks liggaamsbehandeling met bekende genesende eienskappe wat jou verfris sal laat voel.