Jou Verblyf by Chisomo Safari Camp
Karongwe Wildreservaat, Limpopo

Chisomo Safari Camp bestaan uit luuks gedekoreerde tent-suites met gemaklike wit beddegoed en ’n uitsig oor die Makutsi-rivier.

Jou Kamer

By hierdie verblyf in Karongwe kan jy die wild aanskou vanuit die gemak van jou privaat suite, wat 'n ware Afrika safari ervaring verseker. Daar is ’n vervloë era atmosfeer aan die akkommodasie, met elegante afrondings en moderne geriewe. Al die suites het los-staande waaiers en muskietnette, asook private storte.

Ander kamer geriewe sluit in ’n haardroër, elektroniese kluis, klein kamerkroeg en tee en koffie maak geriewe.

Tussendeur die twee-daaglikse wildbesigtigingsritte kan jy luilê langs die swembad op een van die gemaklike leunstoele, of van die Wi-Fi gebruik maak en in kontak bly met vriende en familie by die huis.

Die Little Paw Centre bied ’n kinderprogram aan wat die jongklomp gelukkig en besig sal hou, sodat ouers bietjie tyd af kan vat en die aktiwiteite op aanbod kan geniet.

Fasiliteite

Kinderopassersdienste
Kinder Klub
Biblioteek
Spa
Kamer vir gidse beskikbaar
Swembad by die hoof area
Boma
Wasgoed dienste
Wi-Fi
Kroeg
Parkering
Lughawe oordragsrit